![]() |
|||||||
|
Oor ons...Speck Pumpen, die grootste naam in swembad-, spa- en borrelbadpompe in Suid-Afrika en internasionaal, vervaardig reeds meer as 100 jaar lank innoverende pompe van hoë gehalte vir die swembadbedryf wêreldwyd.Speck Pumps SA het hierdie voortreflike tradisie voortgesit en 40 jaar later is ons steeds een van die grootste name in die swembad-, spa- en koidampompbedryf in Suid-Afrika − bekend om die superieure ontwerp en gehalte van ons produkte en die uitmuntende diens-en-onderdelenetwerk reg oor die land asook in die res van die Afrika en die Indiese Oseaan-eilande. VIR GEHALTE EN DIENS IS DAAR NET EEN NAAM...SPECK PUMPSSPECK PUMPENVerkaufsgesellschaft GmbH.Speck Pumpen is in 1909 deur Daniel Speck en sy vyf seuns in Neurenburg, Duitsland op die been gebring. Gedurende die maatskappy se eerste jaar is die eerste dompelsuierpomp, bekend as die “Bueffel Pump”, vervaardig. Vandag bestaan Speck Pumpen uit drie produksiesentrums asook ‘n verkoops-, bemarkings- en verspreidingsmaatskappy. Speck Pumpen het vervaardigingspunte in Australië, Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika. SPECK PUMPS SUID-AFRIKA (EDMS) BPKSpeck Pumpen Duitsland voer sedert 1969 swembadpompe na Suid-Afrika uit. Speck Pumps SA (Edms) Bpk is in 1983 gestig. In 1978 is die gietvorms vir die BADU® 40 reeks pompe na Suid- Afrika verskeep sodat die plastiese onderdele plaaslik vervaardig kon word. Tot vandag toe is daar nog verskeie BADU® 40-pompe in die plaaslike mark in bedryf. Twaalf jaar later stel Speck Pumps SA die BADU® 90 reeks swembadpompe bekend. Die BADU® 90 reeks pompe is op versoek van Speck Pumps SA deur Speck Pumpen Duitsland ontwerp en ontwikkel. Dit was die eerste reeks swembadpompe wat vervaardig is met al die spuitvormmatryse wat in Suid-Afrika vervaardig is.Oor 40 jaar het ons gegroei en voortdurend nuwe produkte ontwikkel wat met groot sukses en prestasie onder die Speck Pumps SA-vaandel bekend gestel is, en vandag bou ons steeds voort op daardie grondslag. Ons belê nie net in ons kliënte se behoeftes nie, maar ook in dié van ons gemeenskap. Daarom borg ons skole en klubs oor alle gemeenskappe heen want ons besef dat dit ons basis vir die toekoms is, en gaan wees. Danksy ons voortreflike maatskappy en produkte kan ons gespesialiseerde swembadstelsels aan u, ons kliënt, verskaf wat in u individuele behoeftes en vereistes voorsien. Ons kan tereg sê: ONS BEWEEG WATER... |
||||||
| © Speck Pumps 2009 | Vrywaringskennisgewing | Website designed by Indigoblue | |||||||