Huis
Produkte
Oor ons
Gemeenskap-opheffing
Waarborg
Kontak ons
Speck Pumps
Lake Eland
Inskrywingsvorm

SPECKTRALIGHT Aqua

SPECKTRALIGHT Aqua 400-reekds

SPECKTRALIGHT Aqua 400 Kleur omtower u swembad in ‘n pragtige waterelement met ‘n asemrowende reënboog van kleure en ‘n gesellige atmosfeer. Maklik om te installeer, lang lewensduur LED-tegnologie met ‘n unieke gepatenteerde ontwerp. Die word maklik agterna geïnstalleer en pas in die ligsok van enige swembad. Kragtoevoer: 12V AC. Kragverbruik: maks. 50W. Buitedeursnee: 215mm. Sokdeursnee: 165mm. Gewig: 1.4kg.

EIENSKAPPE
Verstelling 1 Egalige kleurverandering (verander egalig van kleur deur al die kleure van die reënboog).
Verstelling 2 Een kleur (kies ‘n kleur uit verstelling 1).
Verstelling 3 Onegalige kleurverandering (spring dramaties van een kleur na die ander).
Verstelling 4 Blou-Groen (geleidelike verandering van blou na groen vir ekstra groot swembaddens.
Verstelling 5 Helder Blou (vertoon net ‘n baie helder blou lig).
Verstelling 6 Stroboskopiese kleurflitse (flits egalig deur al die kleure).
Verstelling 7 Flits een kleur (kies ‘n kleuruit verstelling 6).
Verstelling 8 Demo (wissel tussen verstellings 1, 3 en 6 in ‘n vinniger tempo).


12 maande fabriekswaarborg onder normale werktoestande. Ligte slegs bedoel vir onderwatergebruik.

  • Dag/nagsensor: Hierdie unieke eienskap laat u toe om u SPECKTRALIGHT Aqua te installeer en eenmalig aan te skakel sonder dat u dit telkens hoef aan- en af te skakel. Die dag/nag sensor skakel die lig outomaties af in die dag en aan in die aand.

  • Temperatuursensor: Die lig het ‘n temperatuurkontroleskyfie om oorverhitting te voorkom.

  • Geheueskyfie: Die SPECKTRALIGHT Aqua het ‘n ingeboude geheueskyfie sodat dit met ‘n kragonderbreking onthou watter verstelling laas in gebruik was en dadelik weer op daardie verstelling inskakel.

  • Maak seker alle ligte werk op ‘n 240V / 12 V AC-transformator. Die waarborg is van nul en gener waarde indien die kragtoevoer na die lig meer as 12 ,8V is nie, of indien daar op enige wyse met die lig gepeuter is nie.
Kode Beskrywing Nommer
2700500024 SPECKTRALIGHT Aqua 400 boxed 1
2700500019 SPECKTRALIGHT Aqua 400 Complete V 2A
2700500011 SPECKTRALIGHT Aqua 400 Complete G 2B
2700500008 SPECKTRALIGHT remote & receiver  
© Speck Pumps 2010   |   Vrywaringskennisgewing   |   Website designed by Indigoblue