Huis
Produkte
Oor ons
Gemeenskap-opheffing
Waarborg
Kontak ons
Speck Pumps
Lake Eland
Inskrywingsvorm

BADU®Magic

Selfvoorvoersirkulasiepompe

Die reeks BADU®-pompe is ongeëwenaard wat betref gehalte van materiaal, vakmanskap en langdurige, bestendige werkverrigting.

Meer as ‘n miljoen BADU®-swembadpompe werk foutvry in ‘n menigte swembaddens, koidamme en spabaddens oor die wêreld heen. Met die BADU®Magic-modelle bou Speck Pumps voort op sy reputasie van voortreflikheid.

Die BADU®Magic-pompe is spesifiek ontwerp vir gebruik in klein filtreerinstallasies, plonsbaddens, koidamme en waterfonteine. Die pomp kan maksimum 2m bo die watervlak geïnstalleer word. Dit moet op ‘n gelyke oppervlak geïnstalleer word waar dit nie in swaar reën sal oorstroom nie.

EIENSKAPPE
  • Plastiekmateriaal ‘n kombinasie van polipropileen en 20% tetrafluoro.
  • Selfvoorvoersirkulasie
  • Duits-ontwerpte meganiese seël vervaardig van koolstof-na-keramiek-seëloppervlakke.
  • Totale elektriese skeiding.
  • Uiters doeltreffend.
  • Vlekvrye staal-as.
  • Beskikbaar in 2 groottes.
  • Stabiele werkverrigting in temperature van tot 60°C.
  • Plastiekkomponente is 100% herwinbaar.
  • Volledig fabriek-getoets.
  • Nuwe tweedelige deksel wat maklik aan- en afskroef.
  • 24 maande fabriekswaarborg onder normale werktoestande vanaf datum van aankoop.
Kode Beskrywing Spanningstrek Kraglewering P2
2191060038 BADU®Magic 6 1~220V 0.25kW
2191080038 BADU®Magic 8 1~220V 0.45kW


Tegniese data BADU®Magic 6 BADU®Magic 8
Inlet / outlet connection (Rp)2 50/50 50/50
Inlet / outlet pipe, PVC-pipe, d4) 50/50 50/50
Power input P1 (kW) 1~230V 0.45 0.67
Power input P2 (kW) 1~230V 0.251) 0.451)
Rated current (A) 1~230V 2.10 3.10


Motorspoed ongeveer (r.p.m.) 2840
Maks. Watertemperatuur (°C) 60
Maks. Omhulseldruk (bar) 2.5


Tegniese data  |  Deursneeskets

© Speck Pumps 2010   |   Vrywaringskennisgewing   |   Website designed by Indigoblue