Huis
Produkte
Oor ons
Gemeenskap-opheffing
Waarborg
Kontak ons
Speck Pumps
Lake Eland
Inskrywingsvorm

BADU®Mat R 50, R 40 & R 40 T

6-funksie meerdoelige kontroleklep met spoonspoelfunksie

BADU®Mat R 50BADU®Mat R 40


Sandfilters moet teruggespoel word om die sand los te maak en om enige vasgevangde vullis deur die afvoerstelsel uit te spoel. Die behels onder meer dat die filter se hidroliese pompaksie omgekeer word wat dan die water terugstuur deur die sandfilter.

Met die BADU®Mat kan hierdie en ander funksies maklik en sonder inspanning verstel word. Die BADU®Mat is volledig fabriek-getoets en het saam met die interne komponente ‘n 24 maande fabriekswaarborg vanaf datum van aankoop.

WERKING VAN DIE MEERDOELIGE KONTROLEKLEP

FILTREER: Hierdie is die klep se standaard posisie. Die swembadwater word deur die filter gepomp waar afsaksels en vullis in die sandfilter agterbly terwyl die skoon water terugvloei swembad toe.

TERUGSPOELING: In hierdie posisie word die vloei van die water na die filter omgekeer om die sandfilter te reinig van vullis en dit as afvalwater weg te spoel. Doen die terugspoeling vir ongeveer 3 - 5 minute of tot die water, wat sigbaar is deur die sigglas aan die kant van die meerdoelige kontroleklep, skoon is.

SPOELING: In hierdie posisie word die swembadwater deur die meerdoelige kontroleklep direk na die afvoerlyn gepomp. Dit moet direk na terugspoeling gedoen word om te verseker dat alle vullis en vuil water uit die pype gespoel is. Gee die sand kans om te stabiliseer voordat die filter sowat 3 minute na terugspoeling aangeskakel word. Ná terugspoeling moet die filter met vars water gevul word tot op die vereiste vlak.

HERSIRKULEER: In hierdie posisie sal die water net sirkuleer sonder om deur die sandfilter te gaan, dus vind geen filtrasie plaas nie.

AFVOER: Hierdie posisie word gebruik as daar ‘n groot hoeveelheid vullis uit die swembad gesuig moet word. Die swembadwater word deur die meerdoelige kontroleklep direk na die afvoerlyn gepomp en nie deur die sandfilter nie, met ander woorde die filter hoef nie teruggespoel te word nie. Hierdie posisie moet slegs vir kort periodes gebruik word omdat groot hoeveelhede water uitgepomp word wat kan veroorsaak dat die swembad se watervlak tot onder die vlak van die blaarvanger (skimmer) daal.

TOE: In hierdie posisie is die meerdoelige kontroleklep toe en word water nie deur die filter gepomp nie. Dit word gebruik wanneer instandhoudingswerk aan die filter of pomp gedoen moet word.

BELANGRIK: Moet nooit die swembadpomp aanskakel met die klep in die toe-posisie nie. Skakel altyd die swembadpomp af voordat die kontroleklep gedraai word na enige posisie.

Kode Beskrywing  
2613300002 BADU®Mat R50 Incl. pipes
2604020001 BADU®Mat R40/3 GS-SA Incl. pipes


Tegniese data  |  Deursneeskets

© Speck Pumps 2010   |   Vrywaringskennisgewing   |   Website designed by Indigoblue