Huis
Produkte
Oor ons
Gemeenskap-opheffing
Waarborg
Kontak ons
Speck Pumps
Lake Eland
Inskrywingsvorm

BADU®Jet Super-Sport

Onderwater teenstroom-swemeenhede

Wat is die BADU®Jet Super-Sport teenstroom-swemeenheid? Die BADU®Jet Super-Sport is ‘n kragtige oefenapparaat wat u toelaat om ure aaneen op dieselfde plek te swem, ongeag die grootte van die swembad.

Die BADU®Jet Super-Sport kan in enige tipe swembad, oud of nuut, geïnstalleer word, van beton- tot vinielswembaddens. Geniet die luuksheid van ‘n massering deur die opsionele masseerpyp met pulsatorkop aan te heg. Die BADU®Jet Super-Sport sorg vir baie pret en sal u swembad ervaring en waarde verhoog. Die BADU®Jet Super-Sport kom volledig met spuitkopomhulsel, 3kW (4Hp) driefasepomp, kontrolekas en opsionele masseerpyp.

Die BADU®Jet Super-Sport kan in die muur van enige tipe swembad/ poel gemonteer word as ‘n fokuspunt, vir fiksheidsoefeninge, as ‘n lugborrelbad met golwe, vir onderwater massering (raadpleeg ‘n dokter), of ure se swem sonder omdraai, selfs in die kleinste swembad.

EIENSKAPPE
  • ‘n Kragtige straalpomp word aan ‘n plastiek straalomhulsel gekoppel wat gelyk met die swembad se muur gemonteer word (dus geen gevaar van beserings nie omdat daar niks is wat uitsteek in die swembad nie).
  • Die water word onder lae druk deur die ringkanaal rondom die omhulsel na die straalpomp vervoer en onder hoë druk terug gepomp deur die spuitkop.
  • Aan/afskakelaar word onder die water geïnstalleer.
  • Die vloei tempo is verstelbaar.
  • ‘n Tintelende, verfrissende lugborrelpyp kan aangeheg word.
  • Inprop-masseerspuitkop of -pulsator is ‘n opsionele ekstra.
  • Die BADU®Jet Super-Sport is volledig fabriek-getoets en het saam met die interne komponente ‘n 12 maande fabriekswaarborg vanaf datum van aankoop.


Kode Beskrywing Spanningstrek
2301000000 BADU®Jet Super-Sport Pre-Assembly kit  
2302000000 BADU®Jet Super-Sport Final Assembly kit 3N~400/230V


Tegniese data BADU®Jet Super-Sport
Jet / Pump 3~ 21-80/33 NSP
Flow rate of pumps (m3/h)   75
Voltage 3~ 3N~400/230V
Power input P1 (kW) 3~ 3.80
Power output P2 (kW) 3~ 3.001)
Number of nozzles (40mm) 3~ 2
Flow pressure at nozzle (bar) 3~ 1.00
Flow Velocity 2m from the nozzle (m/s) 3~ 1.40
Massage pressure (bar) max.   1.60
Omni directional swivel nozzle (degrees)   60
Attachable massage hose (also pulsator type)   Optional
Nozzle for pinpoint Massage available   Optional

Tegniese data

© Speck Pumps 2010   |   Vrywaringskennisgewing   |   Website designed by Indigoblue